Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gebed" deur CHARL DURAND
"Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #35128] Wo, 04 Oktober 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

.
GEBED
Charl Durand

onsigbare god,
bly te kenne.
laat u naam teen wil en dank geskied,
want ons leef ten dele.
teken die vorm hier,
u is nou aangestel
in die natuur,
ook in die deurmekaar stad.
behandel my dink,
volgens die wette van die hemel
want wie kan 'n hof vertrou?
sluit die arsenale toe,
en gooi die sleutel weg.
maak my sondag wakker
om die kerkklokke te hoor.
vergewe die politici hul sondes
hulle is ook maar mense.

trek 'n streep deur my woorde
want stilte verdien volpunte.
Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #41160 is 'n antwoord op boodskap #35128] Sa, 21 April 2001 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 21 Apr 2001 03:34:12 GMT, @home.com wrote:

> .
> GEBED
> Charl Durand
>
> onsigbare god,
> bly te kenne.
> laat u naam teen wil en dank geskied,
> want ons leef ten dele.
> teken die vorm hier,
> u is nou aangestel
> in die natuur,
> ook in die deurmekaar stad.

>
> trek 'n streep deur my woorde
> want stilte verdien volpunte.
>

Jy moes 'n streep deur dié woorde getrek het en dit nie verder
uitgedra het nie want vermy klink dit op baaaaaie dun ys. (om dit lig
te stel)
Asof hy God gelyk stel aan 'n mens en opdragte gee.

Trek 'n streep hierdeur en laat stilte volpunte verdien.

DD

>
Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #41163 is 'n antwoord op boodskap #35128] Sa, 21 April 2001 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3AE1002D.BD408CDD@home.com...

> trek 'n streep deur my woorde
> want stilte verdien volpunte.

Amen.
Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #41176 is 'n antwoord op boodskap #41163] So, 22 April 2001 08:10 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
amen

--
: > trek 'n streep deur my woorde
: > want stilte verdien volpunte.
:
: Amen.
Vorige onderwerp: "Gebed" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:45:11 MGT 2024